Marcianus van Bisantium

Marcianus
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Marcianus uitbeeld.
’n Muntstuk wat Marcianus uitbeeld.
Bewind 450–457
Volle naam Flavius Marcianus Augustus
Dinastie Theodosius
Gebore 392 n.C.
Oorlede 27 Januarie 457 n.C.
Voorganger Theodosius II
Opvolger Leo I
Eggenote Pulcheria
Kinders Marcia Euphemia

Marcianus (Latyn: Flavius Marcianus Augustus, Grieks: Μαρκιανός; 392 – 27 Januarie 457) was die Bisantynse keiser van 450 tot met sy dood in 457. Sy bewind is gekenmerk deur die herstel van die Oos-Romeinse Ryk, wat hy teen aanvallers beskerm het, en ekonomiese en finansiële hervormings. Aan die ander kant het sy beleid van isolasie die Wes-Romeinse Ryk sonder hulp gelaat teen aanvalle soos dié van Attila die Hun en die Vandale.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search