Mare Tranquillitatis

Die See van Kalmte

Mare Tranquillitatis (Latyn vir Bedaarde See, ook bekend as die See van Rus of, veral sedert die eerste maanlanding, as die See van Kalmte in Afrikaans) is 'n maansee wat omvat word deur die Tranquillitatis-bekken op die Aarde se enigste maan, d.w.s. "die Maan". Die mare-materiaal binne die bekken bestaan uit basalt wat in die tussenliggende tot jong ouderdomsgroep van die Bo-Imbriaanse epog gevorm is. Die omliggende berge behoort vermoedelik tot die Laer Imbriaanse epog, maar die eintlike bekken is waarskynlik Pre-Nectariaans. Die bekken het onreëlmatige rande en 'n goedgedefinieerde veelvoudige ringstruktuur ontbreek. Die onreëlmatige topografie in en naby hierdie bekken is die gevolg van die sameloop van die Tranquillitatis, Nectaris, Crisium, Fecunditatis, en Serenitatis-bekkens met twee ringe van die Procellarum-bekken wat dit oorkruis. Palus Somni, aan die noordoostelike buitelyn van die mare, is gevul met die basalt wat uit Tranquillitatis oorgevloei het.

Hierdie mare het 'n effense blou tint vergeleke met die res van die maan wat duidelik onderskeibaar is wanneer kleur geprosesseer en onttrek word uit 'n stel fotos. Die kleur is bes moontlik toe te skryf aan 'n hoër metaalinhoud in die basaltiese afsettings of klippe.[1]

  1. "Hoe om die kleur van die maan fotografies vas te vang" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Oktober 2014. Besoek op 21 September 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search