Maria I van Engeland

Maria I
Koningin van Engeland en van Ierland
Portret deur Anthonis Mor, 1554
Portret deur Anthonis Mor, 1554
Huis Tudor
Regeer 19 Julie 155317 November 1558
Voorganger Jane (betwis)
Eduard VI
Regent Philip
Opvolger Elizabeth I
Eggenoot Philip
Gebore 18 Februarie 1516; Greenwich
Oorlede 17 November 1558; Sint James-paleis, Londen
Vader Hendrik VIII
Moeder Catharina van Aragon

Maria I (Engels: Mary I; 18 Februarie 1516 – 17 November 1558) was van 19 Julie 1553 tot met haar dood koningin van Engeland en van Ierland. Sy was die vierde gekroonde monarg van die Huis van Tudor en haar bewind word gekenmerk deur die feit dat sy Katolisisme in Engeland herstel het nadat sy haar Protestantse halfbroer, Eduard VI, opgevolg het. In die proses het sy byna 300 godsdienstige andersdenkendes op ’n brandstapel tereggestel. Dit het haar die bynaam "Bloedige Maria" besorg. Haar halfsuster en opvolger, Elizabeth I, het die proses weer omgekeer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search