Mariner 4

Mariner 4
Sendingstatistiek
Sendingnaam: Mariner 4
Sendingtipe: Mars-verbyvlug
Operateur: NASA / JPL
Vervaardiger Jet Propulsion Laboratory
Lanseervuurpyl Atlas LV-3 Agena-D
Duur van sending 3 jaar, 23 dae
Bemanning: Onbeman
Lansering: 28 November 1964
Kaap Canaveral AFS LC12
Aankoms by Mars: 15 Julie 1965 01:00:57 UTC
Lanseermassa 260.8 kg
Krag 310 watt (by Mars-aankoms)
Laaste kommunikasie: 21 Desember 1967

Mariner 4 (saam met Mariner 3 bekend as Mariner–Mars 1964) was die Amerikaanse Mariner-program se vierde ruimtetuig wat ontwerp is vir planetêre verkenning met 'n verbyvliegmodus. Die ruimtetuig was spesiaal ontwerp om wetenskaplike nabywaarnemings van Mars te doen en die waarnemings na die Aarde terug te stuur.

Die ruimtetuig is op 28 November 1964 gelanseer.[1] Mariner 4 het die eerste suksesvolle verbyvlug van die planeet Mars op 14 Julie 1965 voltooi en die eerste nabyfoto's van Mars se oppervlakte na die Aarde gestuur. Dit het dus die eerste foto's van 'n ander planeet in die diep ruimte geneem en suksesvol na die aarde gestuur. Die foto's, wat van 'n klein bandopnemer oor 'n lang periode teruggespeel is, het getoon dat die oppervlakte van Mars vol kraters is en dat die wêreld daar oënskynlik dood is. Wetenskaplikes se mening oor lewe op Mars het hierna verander.[2][3]

Daar was aanvanklik beplan dat die Mariner 4-tuig ongeveer agt maande sou oorleef nadat dit Mars bereik het, maar aan die einde was dit drie jaar lank in 'n sonwentelbaan, met langtermynstudies van die sonwindomgewing terwyl dit gekoördineerde opnames saam met sy susterskip, Mariner 5, gemaak het.[4]

Ander doelwitte van die sending was om veld- en deeltjiemetings in die omgewing van Mars te neem, en om ondervinding op te doen en kennis in te samel oor die ingenieursmoontlikhede vir interplanetêre vlugte met 'n lang tydsduur. Kommunikasie met Mariner 4 is op 21 Desember 1967 opgeskort.

  1. "Mariner 4". NSSDC Master Catalog. NASA. Besoek op 11 Februarie 2009.
  2. Momsen, Bill (2006). "Mariner IV – First Flyby of Mars: Some personal experiences". p. 1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2002. Besoek op 11 Februarie 2009.
  3. Momsen, Bill (2006). "Mariner IV – First Flyby of Mars: Some personal experiences". p. 2. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2008. Besoek op 11 Februarie 2009.
  4. "Mariner to Mercury, Venus and Mars" (PDF). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Mei 2018. Besoek op 19 Oktober 2020. Hierdie artikel bevat teks uit dié bron, wat in die publieke domein is.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search