Maritsa

Maritsa
Die bronvallei van die Maritsa in die Rila-gebergte, Bulgarye.
Die bronvallei van die Maritsa in die Rila-gebergte, Bulgarye.
Die bronvallei van die Maritsa in die Rila-gebergte, Bulgarye.

Die stroomgebied van die Maritsa.

Oorsprong suidoos van Sofia, Bulgarye
Rila-gebergte
Monding oos van Alexandroupolis, grens tussen Griekeland en Turkye
Egeïese See
Stroomgebied Bulgarye, Griekeland, Turkye
Lengte 480 km (300 myl)
Oorspronghoogte 2 378 m (7 802 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 234 m³/s (8 300 vt/s³)[1]
Stroomgebiedopp. 53 000 km² (20 000 myl²)[2]
Kaart van die Maritsa-bekken op die Balkanskiereiland.
Kaart van die Maritsa-bekken op die Balkanskiereiland.

Die Maritsa (Bulgaars: Марица, Marica; Antieke Grieks: Ἕβρος, Hébros; Grieks: Έβρος, Évros; Latyn: Hebrus; Geromaniseerde Thracies: Evgos of Ebros; Turks: Meriç) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Suidoos-Europa en vloei deur die gebied Thracië op die Balkanskiereiland. Die rivier, met 'n lengte van 480 km (waarvan 309 km in Bulgarye),[3] vorm vir 'n kort stukkie die grens tussen Bulgarye en Griekeland en die grootste gedeelte van die vastelandse grens tussen Griekeland en Turkye.

Die Maritsa in Edirne, Turkye
Grensverloop langs die Maritsa

Die Maritsa ontspring in die Rila-gebergte, suidoos van Sofia, Bulgarye. Aansluitend vloei die Maritsa in 'n oostelike rigting tussen die Balkangebergte in die noorde en die Rhodope in die suide. Plowdif is die belangrikste stad aan die boloop van die rivier. Verder oos begin die Maritsa in 'n suidoostelike rigting vloei en bereik die grens tussen Bulgarye en Griekeland. Vervolgens begin die Maritsa die grens tussen Griekeland en Turkye vorm en bereik Edirne. Vanaf hier vloei die rivier in 'n suidelike rigting en vorm vir die res van sy loop die grens tussen Griekeland en Turkye. Oos van Alexandroupolis mond die Maritsa in die Egeïese See uit.

  1. (en) inweb.gr
  2. (en) Preliminary Flood Risk Assessment, Ministerie van Omgewing, Energie en Klimaatsverandering, bl. 90
  3. (en) Statistical Yearbook 2017, Nasionale Statistieke Instituut van Bulgarye, bl. 17

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search