Markies de Sade

Markies de Sade
Portret van die markies de Sade deur Charles-Amédée-Philippe van Loo (omstreeks 1761), die enigste portret waarvoor Sade geposeer het.
Portret van die markies de Sade deur Charles-Amédée-Philippe van Loo (omstreeks 1761), die enigste portret waarvoor Sade geposeer het.
Geboortenaam Donatien Alphonse François
Gebore 2 Junie 1740; Parys, Frankryk
Oorlede 2 Desember 1814; Saint-Maurice, Frankryk
Beroep Adellike, skrywer, digter, resensent, filosoof, dramaturg, afgevaardigde in die Nasionale Kongres
Invloede Voltaire, Rousseau

Donatien Alphonse François de Sade (2 Junie 17402 Desember 1814), beter bekend as die markies de Sade, was ’n Franse aristokraat, rewolusionêre politikus, filosoof en skrywer. Hy was bekend vir sy libertynse seksualiteit. Sy werk sluit in romans, kortverhale, toneelstukke, dialoë en politieke pamflette; sommige daarvan is in sy leeftyd onder sy eie naam gepubliseer, terwyl ander anoniem verskyn het en Sade ontken het dat hy dit geskryf het. Hy is veral bekend vir sy erotiese werk, wat filosofiese gesprekke en pornografie gemeng het, en vol was van seksuele fantasieë met ’n klem op geweld, misdadigheid en godslastering teen die Katolieke Kerk. Hy was ’n voorstander van ekstreme vryheid, ongebonde deur moraliteit, godsdiens of die reg. Die woorde "sadis" en "sadisme" is van sy naam afgelei.

Sade het vir omtrent 32 jaar van sy lewe tyd in verskeie gevangenisse en psigiatriese hospitale deurgebring. Tydens die Franse Rewolusie is hy verkies tot ’n afgevaardigde in die Nasionale Kongres. Baie van sy werk is in die tronk geskryf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search