Marthinus Wessel Pretorius

Marthinus Wessel Pretorius
Marthinus Wessel Pretorius
President Pretorius

1ste President van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Ampstermyn
1857 – 1860
18641871
Voorafgegaan deur
Stephanus Schoeman (1864)
Opgevolg deur Johannes Hermanus Grobler (1860) (wnd.)
Daniël Jacobus Erasmus (1871) (wnd.)

3de President van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Ampstermyn
1864 – 1871
Voorafgegaan deur W.C. Janse van Rensburg
Opgevolg deur T.F. Burgers

3de President van die Oranje-Vrystaat
Ampstermyn
1860 – 1863
Voorafgegaan deur J.J. Venter (wnd.)
Opgevolg deur J.J. Venter (wnd.)

Persoonlike besonderhede
Gebore 17 September 1819
Graaff-Reinet, Kaapkolonie
Sterf 19 Mei 1901 (op 82)
Eggenoot/-note Aletta Magdalena Smit

Marthinus Wessel Pretorius (17 September 1819, Graaff-Reinet19 Mei 1901, Potchefstroom) was die eerste President van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR). Hy het ook die Grondwet van die Republiek opgestel en die stad Pretoria gestig en dit na sy vader, die Voortrekkerleier Andries Pretorius, genoem.

Die standbeelde van Marthinus en Andries Pretorius voor die stadsaal van Pretoria

Pretorius was die laaste staatshoof van Potchefstroom tussen 1853 en 1856. Hy het daarna gedien as die eerste president van die ZAR van 1857 tot 1860, en weer van 1864 tot 1871. Hy het ook gedien as die president van die Oranje-Vrystaat van 1859 tot 1863. Verder het hy as mede staatshoof van die Transvaal gedien van 1880 tot 1883; as deel van die Driemanskap. Paul Kruger en Piet Joubert was die ander twee lede.

Die fregat SAS President Pretorius is na hom vernoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search