Meditasie

Afsondering in die natuur kan as 'n metode van meditasie dien.

Daar bestaan verskillende soorte meditasie in diverse tradisies. In die Christendom is meditasie die beskouing van 'n Bybelteks of 'n gebeurtenis uit die lewe van Jesus. Sedert die Middeleeue verbreed die term tot die insluiting van die beskouing van die natuur. Tydens die 16de eeu het meditasie ten doel om innerlike organisasie, omgang met God en dienswilligheid te skep. Onder die invloed van die Oosterse Herlewing ontstaan daar in die 20ste eeu hernieude belangstelling in stilte, konsentrasie en die verbreding van die bewussyn. Meditasie word deesdae veral as 'n ontspanningstegniek sonder geloofskonnotasies gebruik.

Daar bestaan twee soorte meditasie: voorwerpgerigte meditasie (om op 'n enkele voorwerp te fokus) en voorwerpvrye meditasie (om bloot aan niks te dink nie en die gedagtes totaal te ledig). Laasgenoemde meditasie word as 'n meer gevorderde vorm gesien en word nie vir beginners aanbeveel nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search