Meester Eckhart

Meester Eckhart
Geboortenaam Eckhart von Hochheim
Gebore ca. 1260
naby Gotha, Heilige Romeinse Ryk
Oorlede 1327 of 1328
moontlik Avignon
Vakgebied Teologie en filosofie
Beïnvloed deur Bybel, Pseudo-Dionysius, Proclus, Thomas van Aquino, Johannes Scottus Eriugena
Invloed op John Tauler, Henry Suso, Nicholas van Cusa, Eckhart Tolle, Gustav Landauer

Eckhart von Hochheim, bekend as Meester Eckhart (in die buurt van Gotha – Hochheim, Tambach of Wangenheim rondom 1260Avignon of Keulen, vóór 30 April 1328) was 'n laat-middeleeuse teoloog en filosoof. Hy behoort tot die orde van die Dominikane. Eckhart se gedagtegoed het 'n groot, deels indirekte, invloed op die laat-middeleeuse spiritualiteit in die Duitse en Nederlandse streke uitgeoefen. Tog word daar selde uitdruklik na hom verwys, omdat 'n deel van sy leer al kort na sy dood deur die Kerk veroordeel is. Sedert die 19de eeu neem akademici weer van hom kennis. Hy verwerf die status van invloedryke mistikus binne die kontemporêre spirituele kringe, en trek aandag as prominente middeleeuse skolastiese teoloog en filosoof.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search