Mehmet V

Mehmet V
Sultan van die Ottomaanse Ryk
Kalief van Islam

Volle naam Sultan Mehmet V Reshad
Ottomaanse naam محمد الخامس
Tydperk 27 April 1909 – 3 Julie 1918
Stadium Ondergang van die Ottomaanse Ryk
Huis Osman
Voorganger Abdülhamid II
Opvolger Mehmet VI
Toegra

Mehmet V Reshad (Ottomaanse Turks: محمد الخامس, moderne Turks: V.Mehmet Reşat; 2/3 November 1844 – 3/4 Julie 1918) was van 27 April 1909 tot met sy dood die 35ste sultan van die Ottomaanse Ryk.

Hy was die seun van sultan Abdülmecid I en het Abdülhamid II opgevolg nadat hy 30 jaar lank in die kafes deurgebring het, 9 jaar daarvan in eensame opsluiting. In dié tyd het hy ou Persiese styl digkuns bestudeer en ’n erkende digter geword.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search