Mekong

Mekongrivier
Die Mekong naby Chiang Saen, Thailand.
Die Mekong naby Chiang Saen, Thailand.
Die Mekong naby Chiang Saen, Thailand.

Die stroomgebied van die Mekong.

Oorsprong Guozongmucha (Volksrepubliek China)
Monding Mekongdelta, Viëtnam
Suid-Chinese See, Stille Oseaan
Stroomgebied Volksrepubliek China, Mianmar, Thailand, Laos, Kambodja en Viëtnam
Lengte 4 350 km (2 703 myl)
Oorspronghoogte 5 224 m (17 139 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 16 000 m³/s (570 000 vt³/s)
Stroomgebiedopp. 795 000 km² (307 000 myl²)
Kaart van die Mekong-bekken in Asië.
Kaart van die Mekong-bekken in Asië.

Die Mekongrivier (Birmaans: မဲခေါင်မြစ်, Khmer: ទន្លេមេគង្គ, Lao: ແມ່ນ້ຳຂອງ, Thai: แม่น้ำโขง, Viëtnamees: Mê Kông, Chinees: 湄公河) is een van die wêreld se groot riviere. Dit is die wêreld se tiende langste rivier en die sewende langste in Asië. Die beraamde lengte is 4 350 km en die opvangsgebied beslaan 795 000 km².[1] Vanaf die Hoogland van Tibet vloei die rivier deur die Volksrepubliek China se Yunnanprovinsie, Mianmar, Thailand, Laos, Kambodja en Viëtnam.

Die eerste vriendskapbrug tussen Thailand en Laos in Nong Khai
Die Mekong in die Chiang Rai-provinsie, Thailand
Nasa-Satellietbeeld van die Mekong in Phnom Penh, Kambodja
Nasa-Satellietbeeld van die Mekongdelta in Suid-Viëtnam

Die uiterste seisoenale veranderinge in die vloei van die rivier en die teenwoordigheid van stroomversnellings en watervalle in die rivier maak dit moeilik om die rivier te bevaar.

Van Kratie in Kambodja stroomopwaarts is net sekere dele van die rivier bevaarbaar en is daar maar net 'n paar klein geïsoleerde vlaktes wat vir rysverbouing geskik is. Suid van Phnom Penh vorm die Mekong ’n groot delta, wat een van die belangrikste rysverbouingsgebiede van Suidoos-Asië uitmaak.

Die Mekong ontspring in die Tanglha-gebergte (6 000 m hoog), 'n bergketting noordoos van die Transhimalaja, in die Hoogland van Tibet.

  1. "Meer oor die bron van die Mekongriver (Die Langcang Jiang)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2010. Besoek op 14 Augustus 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search