Meliai

Die Meliai (Grieks: Μελίαι) was in die Griekse mitologie nimfe van die esboom. Hulle het ontstaan uit die bloeddruppels toe Kronos sy pa, Uranos, ontman het (Hesiodus, Theogonie 187).

Die Meliae word feitlik net in die meervoud genoem, hoewel Hesiodus hulle individuele name soos Melia gegee het, "maar hierdie name is duidelik sekondêr en is van geen belang nie" (Burkert 1985 III.3.2). Die Melia wat so uitgesonder word, was die suster van Inachos, by wie sy die moeder was van Io, Phoroneus, Aigialeus of Phegeus, en Nilodice.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search