Menopouse

Menopouse, ook bekend as die klimakterium, is die tyd in die meeste vroue se lewe wanneer hul maandstonde permanent ophou en hulle nie meer vrugbaar is nie.[1][2] Dit kom gewoonlik op 49- tot 52-jarige ouderdom voor.[3]

Medici meen gewoonlik die menopouse het begin as ’n vrou ’n jaar lank geen vaginale bloeding gehad het nie.[4] Dit kan ook aangedui word deur ’n afname in hormoonvervaardiging deur die eierstokke.[5] Vroue wat chirurgie ondergaan het om hul baarmoeder te verwyder maar steeds eierstokke het, se menopouse begin op die tydstip van die chirurgie of wanneer hul hormoonvlakke daal.[5]

  1. "Menopause: Overview" (in Engels). Eunice Kennedy Shriver National Institute of Child Health and Human Development. 28 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2017. Besoek op 8 Maart 2015.
  2. "Menopause: Overview" (in Engels). PubMedHealth. 29 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2017. Besoek op 8 Maart 2015.
  3. Takahashi, TA; Johnson, KM (Mei 2015). "Menopause". The Medical clinics of North America. 99 (3): 521–34. doi:10.1016/j.mcna.2015.01.006. PMID 25841598.
  4. "What is menopause?" (in Engels). Eunice Kennedy Shriver National Institute of Child Health and Human Development. 28 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2017. Besoek op 8 Maart 2015.
  5. 5,0 5,1 Sievert, Lynnette Leidy (2006). Menopause : a biocultural perspective ([Online-Ausg.] uitg.). New Brunswick, N.J.: Rutgers University Press. p. 81. ISBN 9780813538563. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search