Mercury-Redstone 2

Mercury-Redstone 2 word gelanseer

Mercury-Redstone 2 (MR-2) was 'n toetsvlug van die Mercury-Redstone Lanseervoertuig wat onderneem is net voor die eerste bemande Amerikaanse ruimtesending as deel van die Mercury-program. Daar was ook 'n sjimpansee, genaamd Ham, aanboord op die sub-orbitale vlug en die Mercury kapsule nr. 5 wat gebruik is. Lansering het op 31 Januarie 1961 om 16:55 UTC te Kaap Canaveral, Florida geskied. Die kapsule en Ham, die eerste groot aap in die ruimte, het veilig in die Atlantiese Oseaan neergeplons na 'n vlug van 16 minute en 39 sekondes.

Die vorige Mercury-Redstone-sending, MR-1A, het 'n trajek gevlieg wat te steil was, en met te hoë versnellings vir 'n menslike passasier. MR-1A het tot sy geprogrammeerde apogeum van ongeveer 290 km (130 myl) geklim en het 378 km verder geland. Mercury-Redstone 2 sou 'n meer afgeplatte baan volg. Sy beplande vlugroete het 'n hoogtepunt van 185 km en 'n reikafstand van 467 km gehad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search