Metafisika

Aristoteles se Metaphysica, eerste bladsy in die uitgawe van Immanuel Bekker, 1837.

Metafisika is die tak van filosofie wat die fundamentele aard van die werklikheid ondersoek, insluitend die verhouding[1] tussen verstand en materie, tussen substansie en attribuut, en tussen potensiaal en aktualiteit.[2] Die woord "metafisika" kom van twee Griekse woorde wat saam letterlik "na of agter of onder [die bestudering van] die natuurlike" beteken. Daar word voorgestel dat die term moontlik geskep is deur 'n redakteur uit die eerste eeu wat verskillende klein keurings van Aristoteles se werke saamgevoeg het in die verhandeling met die naam Metafisika (ta meta ta phusika, 'na die Fisika', een van Aristoteles se ander werke).[3]

Metafisika bestudeer vrae wat verband hou met wat dit is om te bestaan en watter soorte bestaan daar is. Onderwerpe van metafisiese ondersoek behels bestaan, voorwerpe en hul eienskappe, ruimte en tyd, oorsaak en gevolg en moontlikheid.[4]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Gibb
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Encyc
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Stanford
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Mole

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search