Metamfetamien

Pille
Suiwer kristalle
Chemiese struktuur

Metamfetamien word vandag saam met heroïen en "crack"-kokaïen beskou as een van die mees verwoestende dwelmmiddels in omloop. Anders as kokaïen, wat die breinreseptore vinniger aantas en dus gouer verslawend is, word "kristalmet" geklassifiseer as 'n positiewe versterker wat die gebruiker elke keer wat dit gebruik word, gelukkiger en meer energiek laat voel.

Wanneer gebruik van die middel gestaak word, ervaar die gebruiker 'n ernstige ineenstorting. Die "herbedrading" van die brein se beloningstelsel vestig 'n obsessiewe denkpatroon, wat dit moeilik maak vir 'n gebruiker om sonder professionele hulp dié dwelmgewoonte te staak. Die probleem is egter dat 'n tekort aan fondse gelei het tot 'n gebrek aan staatsgesubsidieerde rehabilitasieprogramme, terwyl die middel juis gewild is onder arm gemeenskappe waar daar groot werkloosheid heers.

Dit kan in poeier- of kristalvorm voorkom en kan gerook, gesnuif, gedrink of ingespuit word. Wanneer dit binneaars ingespuit word, is die effek daarvan onmiddellik, terwyl die effek 'n minuut of wat duur om in te skop wanneer dit gerook word. Dit neem 'n paar minute langer wanner die dwelm gesnuif word.

In Suid-Afrika word "kristalmet" meestal deur 'n strooitjie gerook nadat die poeier in 'n gloeilamp waarvan die metaaldraadjie verwyder is, verhit is. (Die middel word gewoonlik in strooitjies verkoop.)


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search