Meteorologie

Meteorologie of weerkunde is die wetenskaplike ondersoek van die Aarde se atmosfeer wat fokus op weerprosesse en weervoorspelling. Meteorologiese verskynsels is waarneembare gebeure wat verlig en verduidelik word deur die wetenskap van meteorologie. Hierdie gebeure word beïnvloed deur die veranderlikes wat bestaan in die Aarde se atmosfeer; hierdie is temperatuur, lugdruk, waterdamp, die gradiënte en interaksies van elke veranderlike, asook hoe hulle met verloop van tyd verander. Die groot meerderheid van die Aarde se waargenome weer is in die troposfeer te vinde.

Meteorologie, klimatologie, atmosferiese fisika en atmosferiese chemie is dissiplines binne die atmosferiese wetenskappe.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search