Meterkonvensie

Seël van die BIPM

Die Meterkonvensie is 'n internasionale verdrag wat in 1875 in Parys onderteken is. Onder die verdrag het agtien lande ooreengekom om saam te werk om die Franse metriese stelsel 'n gemeenskaplike stelsel vir meeteenhede te maak. Daar is ooreengekom dat veertig kopieë van die oorspronklike Franse meter en veertig kopieë van die oorspronklike kilogram gemaak sou word. Hierdie kopieë is teen mekaar gekalibreer. Een meter-artefak en een kilogram-artefak is lukraak gekies. Hierdie artefakte het wêreldwyd die meester-kopieë van die meter en die kilogram geword. Die oorblywende kopieë is versprei aan lidlande as hul nasionale kopieë van die meter en die kilogram. Drie organisasies is opgestel om hierdie werk te koördineer:[1][2]

  • Internasionale Buro vir Mate en Gewigte (Internasionale Buro vir Mate en Gewigte) of BIPM[Nota 1] is 'n stigting wat laboratorium maatingsfasiliteite aan die Meterkonverensielande verskaf. Die stigting is op 'n internasionale terrein in Sèvres naby Parys geleë. Die meesterkopie van die kilogram word ook hier bewaar.
  • Conférence générale des poids et mesures (Algemene Konferensie vir Mate en Gewigte) of CGPM is 'n vergadering van die lande wat die Meterkonvensie onderteken het. Sedert 1875 het 25 vergaderings van die CGPM plaasgevind – die 25de was in November 2014. Die CIPM word hier gekies en die BIPM se begroting word hier ooreengekom.
  1. "Mission, Role and Objectives" (PDF) (in Engels). Internasionale Buro vir Mate en Gewigte. Junie 2013. p. 5. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2016. Besoek op 6 April 2015.
  2. "The Metre Convention" (in Engels). Internasionale Buro vir Mate en Gewigte. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 3 Januarie 2015.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "Nota", but no corresponding <references group="Nota"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search