Miafisitisme

Miafisitisme (van die Griekse mía, "een", en phýsis, "natuur"), soms ook henofisitisme genoem, is ’n Christologiese formule van die Oriëntaal-Ortodokse en verskeie ander kerke wat net die eerste drie ekumeniese konsilies aanvaar. Daarvolgens is die goddelikheid en menslikheid van Christus verenig in een natuur, sonder onderskeid of verwarring.[1] Sommige kerke beskou hierdie leerstelling as ’n vorm van monofisitisme – die leer dat Christus net een enkele, goddelike natuur het.

  1. The Blackwell Companion to Eastern Christianity deur Ken Parry 2009 ISBN 1-4443-3361-5 page 88 [1]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search