Mid-Atlantiese Rug

'n Kaart waarop die Mid-Atlantiese Rug gesien kan word.

Die Mid-Atlantiese Rug is 'n mid-oseaanrif ('n divergente plaatgrens) op die bodem van die Atlantiese Oseaan en deel van die langste bergreeks in die wêreld. In die Noord-Atlantiese Oseaan skei die rug Noord-Amerika van Europa en Afrika, onderskeidelik noord en suid van die Azores-drieplaatpunt. In die Suid-Atlantiese Oseaan skei dit Afrika en Suid-Amerika.

Hoewel die rif meestal onder die water loop, is dele daarvan hoog bo die seevlak opgelig, soos in Ysland. Die rif sprei uit teen sowat 2,5 cm per jaar.[1]

  1. USGS (5 Mei 1999). "Understanding plate motions". Besoek op 13 Maart 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search