Mihrab

Mihrab in die Oemajjad-moskee in Damaskus, Sirië.
In die Aya Sophia, Istanboel, Turkye.

’n Mihrab (ook soms miegraab gespel;[1] Arabies: محراب|محراب) is ’n halfronde gebedsnis in die muur van ’n moskee wat die kiebla (die rigting van die Kaäba in Mekka) aandui, en dus die rigting waarin Moslems moet bid. Die muur waarin die mihrab is, staan bekend as die kieblamuur.

Die woord is moontlik afgelei van die Arabiese werkwoord ḥariba ("veg", van die stam Ḥ-R-B) en beteken dus iets soos "slagveld" of "plek om te veg" (met Satan).

  1. The Cape Muslim Vernacular, ek soembain gou dot kom Geargiveer 24 Oktober 2019 op Wayback Machine, URL besoek op 1 Oktober 2016

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search