Milk

Milk
Regisseur Gus van Sant
Produksieleier Dan Jinks
Bruce Cohen
Draaiboek Dustin Lance Black
Met Sean Penn
Emile Hirsch
Josh Brolin
James Franco
Musiek deur Danny Elfman
Kinematografie Harris Savides
Redigeerder Elliot Graham
Ateljee Axon Films
Groundswell Productions
Jinks/Cohen Company
Verspreider Focus Features
Uitgereik 2008
Speeltyd 128 min.
Land VSA
Taal Engels
IMDb-profiel

Milk is ’n Amerikaanse biografiese rolprent van 2008 oor die lewe van die gayregteaktivis en politikus Harvey Milk, wat die eerste openlik gay persoon was wat in Kalifornië tot ’n openbare amp verkies is, as lid van die stadsraad van San Francisco. Die prent se regisseur was Gus van Sant en die draaiboek is geskryf deur Dustin Lance Black. Die akteur Sean Penn speel die rol van Milk en Josh Brolin dié van Dan White, wat Milk en die stad se burgemeester, George Moscone, vermoor het. Die prent het groot lof gekry en baie pryse gewen. Dit het onder meer agt Oscar-benoemings gekry, waaronder vir beste prent, waarvan dit twee gewen het: vir beste akteur (vir Penn) en beste oorspronklike draaiboek (vir Black).

Verskeie draaiboeke is in die vroeë 1990's oorweeg vir die prent, maar hulle is om verskeie redes verwerp, tot in 2007. ’n Groot deel van Milk is in Castrostreet en ander dele van die stad verfilm, onder meer voor Milk se ou winkel, Castro Camera.

Die prent begin op Harvey Milk se 40ste verjaardag in 1970, toe hy in New York gewoon het en nog nie in San Francisco nie. Dit beeld sy politieke loopbaan uit, asook die stryd wat hy in die Castro-woonbuurt en die res van die stad gevoer het en politieke veldtogte in 1977 en 1978 deur Anita Bryant en John Briggs om die regte van gays te beperk. Sy romantiese en politieke verhoudings word ook behandel, asook sy moeilike verhouding met sy medestadsraadslid Dan White. Die prent eindig met White se dubbele moord op Milk en die burgemeester. Die prent se uitreiking is verbind met die Kaliforniese referendum in 2008 oor selfdegeslaghuwelike, Proposisie 8. Die première was twee dae voor verkiesingsdag in die Castro-teater.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search