Mineraal

'n Verskeidenheid minerale

Minerale is stowwe, en veral vastestowwe, wat op 'n natuurlike wyse in die aardkors voorkom. Hulle kom net gedeeltelik met sintetiese vastestowwe ooreen wat chemies vervaardig word. Daar is talle sintetiese vastestowwe wat nie in die aardkors aangetref word en daar is minerale wat moeilik of ontmoontlik is om chemies te vervaardig. Verder bevat minerale gewoonlik onsuiwerhede. Minerale is gewoonlik kristallyne elemente of verbindings van elemente, maar hulle is gewoonlik mengkristalle deur die teenwoordigheid van opgeloste onsuiwerhede en die hoeveelheid en die aard van die onsuiwerhede kan van vindplek tot vindplek verskil.

Minerale vorm in hidrotermale are, in vulkaniese en metamorfe gesteentes, en ook as die produk van verdamping. Minerale word geïdentifiseer op grond van hul kristalstruktuur, habitus, kleur, streep, glans, deursigtigheid, fluoressensie, hardheid, vastheid, splyting, breuk en relatiewe digtheid. Minerale word hoofsaaklik geklassifiseer as silikate, gedeë elemente, sulfiede, oksiede, haliede, karbonate of sulfate. Van die belangrikste minerale word hier bespreek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search