Mitose

Mitose verdeel die chromosome in ’n selkern om twee dogterselle te vorm.

Mitose of somatiese kerndeling[1] is ’n kerndelingproses in liggaamselle (of somatiese selle) om dogterkerns te vorm wat dieselfde chromosome as die ouerkern het en so genetiese kontinuïteit te verseker.

Hierdie kariokinese (verdeling van die selkern) word gewoonlik gevolg deur sitokinese, waar die sitoplasma, organelle en selmembrane verdeel word in twee nuwe selle wat rofweg ’n ewe groot deel van die oorspronklike selkomponente bevat.[2] Mitose en sitokinese vorm saam die mitotiese fase van die selsiklus – die verdeling van die ouersel in twee dogterselle wat geneties identies aan mekaar en aan die ouersel is.

  1. Ensiklopedie van die Wêreld, Deel 7. 1971. N.V. Uitgeversmaatskappij, Amsterdam, Nederland.
  2. Carter, J. Stein (14 Januarie 2014). "Mitosis". biology.clc.uc.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2012. Besoek op 1 Maart 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search