Moai

Rapa Nui Nasionale Park
Moai wat na die binneland kyk by Ahu Tongariki. Hulle is in die 1990's deur die Chileense argeoloog Claudio Cristino gerestoureer.
Moai wat na die binneland kyk by Ahu Tongariki. Hulle is in die 1990's deur die Chileense argeoloog Claudio Cristino gerestoureer.
Land Vlag van Chili Chili
Soort Standbeelde
Streek Paaseiland
Oppervlakte 6 666 ha
Geskiedenis
Bouer Rapa Nui-volk
Tydperk Omstreeks 1250 tot 1500
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, iii, v
Verwysing 715, 1995
Streek† Latyns-Amerika en die Karibiese streek
Beskrywing*  Rapa Nui National Park
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys
Hoa Haka-nanai'a in die Britse Museum.

Moai is groot klipbeelde op Paaseiland in die suidoostelike Stille Oseaan. Hulle is vermoedelik van omstreeks 1250 tot 1500 gemaak,[1][2] en daarna is die oprig daarvan gestaak. Hulle is gebou uit vulkaniese gesteente. In die Britse Museum in Londen is ’n moai te sien met die naam Hoa Hakananai'a.

Sowat die helfte is steeds by Rano Raraku, die hoofperseel waar die beelde aangetref word, maar honderde is van daar af geneem en oral oor die eiland op klipplatforms, bekend as ahu, opgerig. Hulle het feitlik almal oorgroot koppe; dit maak tot drie agtstes van die hele standbeeld uit. Die moai is hoofsaaklik die gesigte van vergoddelikte voorvaders (aringa ora ata tepuna).[3] Hulle kyk feitlik almal na die binneland, waar hulle waak oor hul afstammelinge.

Die bou en verskuiwing van die 887 standbeelde[4] word beskou as ’n merkwaardig kunstige en fisieke daad.[5] Die hoogste een, met die naam Paro, is amper 10 m hoog en weeg 82 ton;[6] die swaarste een is korter maar stewiger en weeg 86 ton.

Een onvoltooide standbeeld sou sowat 21 m hoog gewees het as dit voltooi sou wees, en sou sowat 270 ton geweeg het.

  1. Steven R Fischer. The island at the end of the world. Reaktion Books 2005 ISBN 1-86189-282-9
  2. The island at the end of the world. Reaktion Books 2005 ISBN 1-86189-282-9
  3. Jo Anne Van Tilburg. "Easter Island Statue Project" (in Engels). Eisp.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 10 Maart 2014.
  4. "Easter Island Statue Project" (in Engels). 11 Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 16 Oktober 2010.
  5. UNESCO World Heritage Centre (29 Mei 2009). "Rapa Nui National Park". Whc.unesco.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 10 Maart 2014.
  6. "New Scientist, 29 Julie 2006, pp. 30-34" (in Engels). Newscientist.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2015. Besoek op 10 Maart 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search