Modeontwerp

Twee naaldwerksters, Rue du Claire, Parys. (Paul Signac, 1885-86.)

Modeontwerp is 'n toegepaste kuns wat konsentreer op die ontwerp van klere en bykomstighede, wat gewoonlik onder die sosiale en kulturele invloed van 'n spesifieke tyd geskep word.

Modeontwerp verskil van kostuumontwerp siende dat die eersgenoemde se produk van nature ná een of twee seisoene verouderd is. 'n Seisoen word gedefinieer as óf herfs/winter, óf lente/somer. Daar word aanvaar dat modeontwerp in die 19de eeu begin het, toe Charles Frederick Worth vir die eerste keer 'n etiket aan sy klere genaai het. Terwyl alle kledingstukke uit enige periode as onderwerp vir kostuumontwerp geneem kan word, kan slegs klere wat ná 1858 ontwerp is as modeontwerp beskou word.

Ontwerpers kan eksklusief mans- of vrouemodes ontwerp. Ander ontwerper skep ontwerpe vir individuele kliënte of verkoop hulle ontwerpe aan spesialiteitswinkels of hoë-modewinkelkettings. Hierdie ontwerpers skep hulle eie ontwerpe, maar verskaf ook ontwerpe wat gevestigde modeneigings volg. Mééste ontwerpers werk vir klerevervaardigers, wat ontwerpe vir mans-, vroue- en kinderdrag vir die massamark vervaardig. Ontwerpershandelsmerke wat 'n "naam" vir hulle merk het, byvoorbeeld Calvin Klein of Ralph Lauren, het gewoonlik 'n span individuele ontwerpers wat onder die bestuur van 'n ontwerpersbestuurder werk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search