Molotof-Ribbentrop-verdrag

Molotof (links) en Ribbentrop (regs) by die ondertekening van die verdrag

Die Molotof-Ribbentrop-verdrag (amptelik die Nie-Aanval-Verdrag tussen Duitsland en die Sowjetunie; Duits: Nichtangriffsvertrag Zwischen Deutschland und der Union der Sozialistenen Sowjetrepubliken; Russies: Договор о ненападении между Германией и Советским Союзом, Dogovor o nenapadenii mezjdoe Germanijej i Sovetskim Sojoezom) was 'n nie-aanvalsverdrag tussen Nazi-Duitsland en die Sowjetunie, gedateer 23 Augustus 1939, maar is eintlik in Moskou in die vroeë oggendure van 24 Augustus onderteken, genoem na die ondertekenaars, die Duitse minister van buitelandse sake, Joachim von Ribbentrop en sy Sowjet-kollega Wjatsjeslaf Molotof. Die ooreenkoms bevat slegs 280 woorde, maar het 'n geheime bylae.[1]

Sonder hierdie ooreenkoms sou Adolf Hitler nie sy oorlog met Pole (en dus die Tweede Wêreldoorlog) kon begin nie, want hy sou 'n groot risiko loop om op twee fronte oorlog te voer, gegewe die bedreigings van die Verenigde Koninkryk en Frankryk in die geval van 'n aanval op Pole en die voorafgaande swak verhouding met die Bolsjewiste in die Sowjetunie.

  1. Historiek.nl, 1 Augustus 2016, Het duivelspact tussen Hitler en Stalin, boekbespreking

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search