Montenegryne | |
---|---|
'n Groep Montenegryne tussen 1855 en 1865. | |
Totale bevolking: | ca. 500 000[1] |
Belangrike bevolkings in: | Montenegro 278 865[2] Turkye 100 000[1] |
Taal: | Montenegryns, Serwies (Serwo-Kroaties) |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk met minderhede van Rooms-Katolieke Kerk en Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Serwiërs en Slowene[10] |
Die Montenegryne (Montenegryns: Црногорци / Crnogorci, [tsr̩nǒɡoːrtsi] of [tsr̩noɡǒːrtsi]) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Montenegro en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Montenegryns, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Montenegro en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 45% van dié land se bevolking uit.
Wêreldwyd leef daar sowat 500 000 Montenegryne, waarvan 278 865 in Montenegro. Daarbenewens vorm Montenegryne belangrike minderhede in Serwië, Bosnië en Herzegowina, Kroasië, Noord-Masedonië, Slowenië en Albanië. Naas Montenegryne vorm Serwiërs die grootste etniese minderheid in Montenegro met 178 110 (28,7%).
Montenegryne word soms as 'n subgroep van die Serwiërs en soms as 'n eie etniese groep langs ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Serwiërs en Slowene beskou. Hierdie definise hang af van die klassifikasie van hul moedertaal as 'n Serwiese dialek of as 'n selfstandige taal.[11]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search