Montpellier

Montpellier

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Oksitanië
 Département Hérault (prefektuur)
 Koördinate 43°36′N 3°52′O / 43.600°N 3.867°O / 43.600; 3.867
 Eerste historiese verwysing 985
 Oppervlakte:  
 - Totaal 56,88 vk km
 Hoogte bo seevlak 7–57 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 295 542
 - Bevolkingsdigtheid 5 200/vk km
 Tydsone UTC +1 (MEST)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester (2014–2020) Michaël Delafosse
 Amptelike webwerf Montpellier

Montpellier (Frans: [mɔ̃pəlje, -pɛl-], ; Oksitaans: Montpelhièr, [mumpeˈʎɛ]) is een van die grootste stede van Frankryk se Mediterreense kusgebied en op sewe na die grootste in die land met 'n oppervlakte van 56,88 vierkante kilometer en 295 542 inwoners in die stad en 472 217 in die metropolitaanse gebied (aire urbaine, 2019).

Montpellier is die prefektuur (hoofstad) van die gewes Languedoc-Roussillon en die département Hérault. Die stad, wat met sy Fin de siècle-argitektuur bekoor, is vandag 'n dinamiese universiteitstad en 'n wetenskaplike, kulturele en ekonomiese sentrum.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search