Mswati III

Mswati III
Koning van Eswatini
Mswati III in 2014
Dinastie Huis van Dlamini
Bewind 25 April 1986 – hede
Kroning 25 April 1986
Volle naam Makhosetive Dlamini
Ander titels Ingwenyama
Gebore 19 April 1968 (1968-04-19)
Manzini, Eswatini (destyds Swaziland)
Voorganger Ntfombi Tfwala (regentes)
Gade 15 vroue
Kinders 25 kinders
Vader Sobhuza II
Moeder Ntfombi Tfwala

Mswati III (op 19 April 1968 in Manzini gebore as prins Makhosetive Dlamini) is die heersende koning (Swazi: Ingwenyama) van Eswatini (voorheen Swaziland) en hoof van die Swazi- koninklike familie. Hy is die seun van koning Sobhuza II en een van sy jonger vroue, Ntfombi Tfwala.[1] Mswati is Tfwala se enigste kind.

Mswati III in seremoniële kleredrag, Julie 2011
Mswati III tydens 'n besoek aan Washington, D.C. in 2009

Hy was op laerskool aan die Laerskool Masundvwini en op hoërskool aan die Lozitha-paleisskool. Hy het daarna, tussen 1983 en 1986, die Sherborne-skool bygewoon in die noordweste van Dorset, Engeland. Makhosetive is as Mswati III, Ingwenyama en koning van Swaziland gekroon op 25 April 1986 op die ouderdom van 18. Daarmee het hy die jongste regerende monarg ter wêreld geword. Hy regeer oor die land as 'n absolute monarg.

Mswati III is bekend vir sy beoefening van poligamie (hoewel minstens twee vroue deur die staat aangestel is) en het tans 15 vroue.[2] Sy beleid en weelderige lewenstyl het reeds binnelandse protes veroorsaak, en word internasionaal gekritiseer.[3]

Op 19 April 2018, met die dubbele viering van die land se goue herdenkingsjaar en die koning se 50ste verjaardag, het Mswati aangekondig dat sy land se naam verander na Eswatini, die naam wat algemeen in Swazi gebruik word.[4][5]

Via sy suster Shiyiwe Mantfombi Dlamini Zulu (1953–2021), die hoofvrou van die oorlede Zoeloekoning Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu, is Mswati III die oom van die huidige Zoeloekoning Misuzulu Zulu.[6][7]

  1. (en) "King Mswati III is born | South African History Online". Sahistory.org.za. 19 April 1968. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 28 April 2014.
  2. (en) Laing, Aislinn (28 April 2014). "King of Swaziland chooses teenager as 15th wife". Londen: Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2020. Besoek op 2 Desember 2013.
  3. (en) Bearak, Barry (6 September 2008). "In Destitute Swaziland, Leader Lives Royally,". The New York Times. Besoek op 8 Mei 2021.
  4. (en) "UN Member States". Verenigde Nasies. 30 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 30 Junie 2018.
  5. (en) "Kingdom of Eswatini Change Now Official". Times Of Swaziland. 18 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2019. Besoek op 25 Mei 2018.
  6. (en) "South Africa's Zulu regent Queen Dlamini Zulu dies at 65". Reuters. 30 April 2021. Besoek op 30 April 2021.
  7. (en) "South Africa's Zulu royals: Who's who in the fight for the throne". BBC. Besoek op 8 Mei 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search