NG gemeente Albanie

Die kerkgebou van die NG gemeente Albanie op die Oos-Kaapse dorpie Riebeek-Oos in 2013. Dit was toe reeds 13 jaar nie meer die kern van die gemeente nie ná die samesmelting van Albanie met die NG gemeente Grahamstad in 2000.
Die kerkgebou op Riebeek-Oos, hier afgeneem omstreeks 1917.

Die NG gemeente Albanie is die 21ste oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en die sewende oudste in die Sinode van Oos-Kaapland. Die middelpunt van die gemeente was amper 170 jaar lank die dorpie Riebeek-Oos, 39 km noordwes van Grahamstad, maar op 1 Maart 2000 skakel die meer as 80 jaar oue NG gemeente Grahamstad weer by die moedergemeente in, waarna dié stad die middelpunt van die gemeente geword het. Die gemeente het in 2015 150 doop- en 620 belydende lidmate gehad, vergeleke met sy samestellende dele se totaal van onderskeidelik 464 en 1 090 in 2000.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search