NG gemeente Drieankerbaai

Die Drieankerbaai-kerkgebou.
Die Drieankerbaai-kerkgebou is op 9 Julie 1879 ingewy, agt maande voor die gemeente gestig is.
Ds. Edmund Zacharias Johannes de Beer, eerste leraar, 1880 tot 1898, en in 1859 een van die eerste vier studente aan die Stellenbosse Kweekskool.
Johannes Andries Bam (1830 - 1903), lid van die wetgewende vergadering van die Kaapkolonie en 'n stigter van die gemeente. Sy seun, sir Pieter Bam, was ook lid van die Kaapse laerhuis en 'n groot bevorderaar van die plaaslike landbou.
Ds. Andrew Murray McGregor, 1914 tot 1939.
Dr. Louis Viljoen Rex, 1939 tot 1941.
In teenstelling met die gemiddelde bywoning van eredienste in die hele NG Kerk van skaars 40%, teken Drieankerbaai gereeld 60% en meer bywoning tydens die oggenddiens aan, soos hier op Sondag 28 November 2010.
Ds. Frederic John Berning Malan, 1941 tot 1943.
Die drie vensters agter die preekstoel met gebrandskilderde glas.
Hierdie foto het in April 1960 in Die Voorligter verskyn ter illustrasie van 'n artikel oor huisbesoek in die stad. Die onderskrif lui: 'n Stadspredikant is vandag voorwaar baie gelukkig as hy 'n gesin met huisbesoek so bymekaar vind soos hierdie gelukkige groepie in Drieankerbaai, Kaapstad. Binne die grense van hierdie gemeente woon ongeveer tagtigduisend mense waarvan net vyfhonderd lidmate van die N.G. Kerk is. Die gemeente strek vanaf Groenpunt tot Clifton. Dis die Skiereiland se mees kosmopolitiese deel. Dis 'n woonstelgemeente. Afrikaanssprekendes is 'n klein minderheid. Hulle woon versprei. Om lede van die kerk op te spoor is geen gemaklike taak nie. Die leraar, ds. E.H. Botha, luister dikwels op die bus of mense Afrikaans praat en knoop dan met hulle 'n geselsie aan. Op dié manier het hy al baie mense opgespoor. Of hy blaai soms in die telefoongids en bel mense in die wyk met Afrikaanse vanne op. Ook dit werp vrugte af. Heel links op die foto sit ouderling G.J.B. Cronjé van Groenpunt en langs hom (met die Bybel), ds. E.H. Botha, albei van gemeente Drieankerbaai. Ds. Botha het vertel dat hy lankal uit die meeste kommissies bedank het om meer aandag aan sy gemeente te kan wy. "Sonder aktiewe huisbesoek kan 'n predikant maar oppak."
In die konsistorie hang portrette van vorige leraars en van die gemeente se stigsters.
Ds. George de Coligny (Colin) Murray, 1943 tot 1950, en sy vrou.
Ds. Eduard Hauman Botha, 1956 tot 1966.
Ds. Pieter du Toit, 1967 tot 1989.
Ds. Martin Steyn, 2009 tot 2018, daarna NG gemeente Citrusdal.

NG gemeente Drieankerbaai is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat op 10 Maart 1880 van die Groote Kerk afgestig het en wat op Sondag 14 Maart 2010 sy 130-jarige bestaan gevier het. Dit is die 90ste gemeente wat in die destydse Kaapkolonie gestig is en naas die moedergemeente, Wynberg en Durbanville die oudste NG gemeente in die metropolitaanse gebied van Kaapstad. Die naam van die gemeente is ontleen aan 'n klein voorstadjie van enkele straatblokke tussen Groenpunt en Seepunt, wat in 1965 bekend geword het toe die digteres Ingrid Jonker hier in die see gestap en haar lewe geneem het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search