NG gemeente Kaapstad

'n Wit en swart afdruk van 'n skildery deur T.F. Cromfield van die Groote Kerk en ou slawehuis in 1824.
Die Groote Kerk-gebou in 2009
Die Groote Kerk omstreeks 1950
Ds. GW Stegmann jr., eerste proponent van die Kweekskool op Stellenbosch wat leraar van die gemeente geword het en broerskind van die vrou van ds. Andrew Murray sr.. Leraar van 1867 tot 1880.
Dr. William Robertson, leraar van 1872 tot 1879.
Ds. A.D. Lückhoff, leraar van 1875 tot 1886, werkkring De Nieuwe Kerk.
Ds. A.I. Steytler, leraar van 1881 tot 1915.
Ds. Adriaan Moorrees, leraar van 1892 tot 1895.
Ds. Charles Morgan, werksaam onder die melaatses op Robbeneiland van 1893 tot 1896.
Ds. F.X. Roome, leraar van 1895 tot 1937.
Dr. J.P. van Heerden, leraar van 1899 tot sy aftrede in 1935. Hy is oorlede op 16 Junie 1939.
Ds. G.J. du Plessis, 'n skoonseun van ds. Andrew McGregor van Robertson, was leraar hier van 1906 tot 1912 met werkkring Observatory.
Ds. en mev. Daniel Gerhardus Malan, leraarspaar van 1918 tot 1921.
Ds. Daniel Stephanus Burger Joubert, leraar van 1921 tot 1925. Van hom skryf eerw. Andries Dreyer in 'n lewenskets: "Van al die predikante wat in die Groote Kerk gearbei het, was daar seker geeneen wat hom meer met die gemeente ingeleef en vereenselwig en hom meer op herderlike besoek aan die huise, in die kantore en op die fabrieke toegelê het as ds. Joubert nie. Daarby kan sy kanselwerk ook van nougesette studie en geestelike krag getuig."
Ds.Abraham van der Merwe, leraar van 1926 tot 1966.

Die NG gemeente Kaapstad (of Groote Kerk soos hy na sy kerkgebou genoem word) is die oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, alhoewel kerkhistorici van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Afrika beweer dat die kerk vanaf 1652 tot en met 1824, die Nederlandse Hervormde Kerk geheet het. Dit is egter nie histories korrek nie, aangesien die benaming "Hervormde Kerk" eers in die tweede helfte van die 18de eeu geleidelik begin posvat het via die Nederlanse letterkunde wat voorkeur verleen het aan die benaming Hervormde eerder as Gereformeerde. Dit is dus die moedergemeente van al die NG gemeentes.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search