NG gemeente Klerksdorp

Die kerkgebou van die destydse NG gemeente Klerksdorp is op 28 Oktober 1898 ingewy.
Ds. J.W.G. Strasheim was tussen 1890 en sy aftrede in 1926 leraar van drie NG gemeentes, waarvan Klerksdorp sowel as Germiston nie meer bestaan nie.
Die gemeente se kerkgebou omstreeks 1916.
Ds. J.H. Eybers, leraar van 1911 tot 1916 en daarna sy aftrede amper 29 jaar lank van die gemeente Schweizer-Reneke. Sy dogter was die digteres Elisabeth Eybers.
Ds. Pieter Andries Theron was leraar van die gemeente van 1917 tot 1957. Die foto is geneem in sy eerste jaar hier, 1917.
Ds. Theron in 1957, die jaar van sy aftrede.
Ds. A.C. Viljoen, leraar van 1953 tot hy in 1956 die eerste leraar van die dogtergemeente Klerksdorp-Noord geword het.
Ds. A.P. Swanepoel, leraar van 1957 tot sy uittrede uit die bediening twee jaar later.
Ds. J.A.B. Grobbelaar, leraar van 1969 tot 1973.
Ds. H.J. van Niekerk, leraar van 1975 tot sy aftrede op 27 November 1988.

Die NG gemeente Klerksdorp was die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die stad Klerksdorp, maar nadat die meeste NG lidmate uit die middestad weggetrek het, is dit ingelyf by die NG gemeente Klerksdorp-Suid.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search