Namibiese nasionale krieketspan

Namibië
Kenteken van die Namibiese nasionale krieketspan
BynaamArende
KonferensieKrieket Namibië (CN)
Personeel
EDI-kapteinGerhard Erasmus
T20I-kapteinGerhard Erasmus
AfrigterVlag van Suid-Afrika Pierre de Bruyn
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1992)
IKR-streekAKV (Afrika)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI16de14de (op 22 September 2022)
T20I14de11de (op 22 November 2023)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Zimbabwe Zimbabwe op Harare Sportklub, Harare; 10 Februarie 2003
Laaste EDIt Vlag van Nederland Nederland op Tribhuvan Universiteit Internasionale Krieketveld, Kirtipur; 23 Februarie 2024
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]5226/25 (50,00%)
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[3]43/1
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings1/13 (eerste in 2003)
Beste uitslagGroepfase (in 2003)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 1994)
Beste uitslagNaaswenner (in 2001)
Kampioenetrofee-verskynings0/9
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Ghana Ghana op Kyambogo-krieketovaal, Kampala; 20 Mei 2019
Laaste T20It Vlag van Engeland Engeland op Sir Vivian Richards-stadion, North Sound; 16 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]6842/24 (61,76%)
(1 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[5]166/8
(1 gelykop, 1 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings3/9 (eerste in 2021)
Beste uitslagSuper Twaalf (in 2021)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
5 (eerste in 2012)
Beste uitslagKampioen (in 2023)
EDI-klere

Die Namibiese nasionale krieketspan, met die bynaam “die Arende”,[6] is die nasionale krieketspan wat Namibië in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Namibië deur Krieket Namibië (CN, van Engels: Cricket Namibia, CN) beheer. Namibië is sedert 1992 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR),[7] en het in 2007 by die IKR se Hoëprestasieprogram aangesluit.[8] Namibië het aan die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika deelgeneem, maar al sy wedstryde verloor.[9] Hulle het tot dusver aan elke Interkontinentale Bekertoernooi deelgeneem. Saam met Kenia en Uganda is Namibië tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikakrieketspanne na die toetslande Suid-Afrika en Zimbabwe.

In onlangse jare het Namibiese krieket ’n sterk vordering gesien, veral danksy die groot invloed van die krieketland Suid-Afrika. Krieket is deur Suid-Afrika na die destydse mandaatgebied Suidwes-Afrika gebring en het daar gewildheid onder die bevolking verwerf, veral in die suide van dié land en rondom Windhoek, maar ook Namibië se nabyheid aan Suid-Afrika het gehelp om die spel in Namibië te laat ontwikkel. Vername Namibiese krieketspelers sluit in Neil Rossouw en Pieter Rossouw.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Namibië ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[10] Namibië is tans (Junie 2024) 16de op die eendagranglys en 14de op die Twintig20-wêreldranglys.[11][12] In Oktober 2019 het die Namibiese nasionale krieketspan tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2019 gekwalifiseer vir die T20I-wêreldbeker 2021, waar hulle in die eerste rondte hul eerste toernooi-oorwinnings oor Nederland en Ierland kon aanteken en sodoende die Super Twaalf gehaalt het, hul beste prestasie nog tydens ’n internasionale toernooi. Daarmee het hulle regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer.[13]

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "ICC T20 World Cup Africa Final – Unique Trophy Shoot Leaves Captains In Awe". Ugandese Krieketvereniging. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 16 Julie 2019.
  7. (en) "Namibia". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2019. Besoek op 30 April 2019.
  8. (en) "Denmark added to ICC High Performance Program". ICC Europe Media Release. Krieket Europa. 20 Desember 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2007. Besoek op 27 September 2007.
  9. (en) "Australia rout India to retain World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
  10. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 16 Junie 2024.
  11. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 16 Junie 2024.
  12. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 16 Junie 2024.
  13. (en) Firdose Moonda (22 Oktober 2021). "Namibia live out their desert dream". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search