Naram-Sin van Akkad

Naram-Sin
𒀭𒈾𒊏𒄠𒀭𒂗𒍪
God van Akkad, koning van Akkad, koning van Sumer, koning van die vier hoeke van die wêreld
Portret van Naram-Sin.
Portret van Naram-Sin.
Dinastie Huis van Sargon
Bewind c. 2254-2218 v.C.
Voorganger Manishtushu
Opvolger Shar-Kali-Sharri
Vader Manishtushu

Naram-Sin, ook getranskribeer as Narām-Sîn of Naram-Suen (Akkadies: 𒀭𒈾𒊏𒄠𒀭𒂗𒍪: DNa-ra-am DSîn, "Geliefde van die Maangod Sîn", met die 𒀭 ’n onuitgespreekte eretitel vir "goddelik"),[1] was ’n koning van die Akkadiese Ryk wat van omstreeks 2254-2218 v.C.[2] regeer het. Hy was die kleinseun en derde opvolger van koning Sargon van Akkad. Onder Naram-Sin het die ryk sy maksimum mag bereik. Hy was sover bekend die eerste Mesopotamiese koning wat op goddelikheid aanspraak gemaak het – hy het die titel "god van Akkad" aangeneem – en die eerste een wat die titel "koning van die vier kwartiere, koning van die heelal" gebruik het.

  1. Mémoires. Mission archéologique en Iran. 1900. p. 53.
  2. Middelchronologie van die Midde-Ooste

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search