Narkose

Narkose
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Pasiënt word voorberei vir gasnarkose.
’n Pasiënt word voorberei vir gasnarkose.
MedlinePlus   anesthesia
MeSH E03.155
Mediese waarskuwing

Narkose is ’n soort verdowing wat gevoelloosheid veroorsaak, dus ’n omkeerbare verlies van sensasie. Narkosemiddels verskil van pynstillers, wat pyn verlig sonder om sensasie uit te skakel. Narkose word gewoonlik toegedien om sjirurgie te vergemaklik.

Die term anestesie word dikwels gebruik as sinoniem vir narkose, wat afgelei is van die Griekse woord narké, wat "slaap" beteken. Dit dui op 'n toestand van verdowing, van bewusteloosheid en van gevoelloosheid vir pyn, waartydens chirurgiese ingryping kan geskied.

Die term algemene narkose is hier gebruiklik. 'n Toestand van gevoelloosheid vir pynlike prikkels in bepaalde liggaamsdele sander dat bewusteloosheid in tree, word teweeggebring deur die toediening van plaaslike of lokale verdowing. Narkose word dus kunsmatig veroorsaak met 'n mediese doel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search