Narva

Narva

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Estland Estland
 Administratiewe gewes Ida-Virumaa
 Koördinate 59°23′N 28°12′O / 59.383°N 28.200°O / 59.383; 28.200
 Oppervlakte:  
 - Totaal 84,54 vk km
 Hoogte bo seevlak 25 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2023) 53 626
 - Bevolkingsdigtheid 630/vk km
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 4,9°C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −5,8 / 16,9 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 646 mm
 Burgemeester Jaan Toots
 Amptelike webwerf narva.ee

Narva (Esties: [ˈnɑrʋɑ]; Duits: Narwa, Russies: Нарва, [ˈnarvə]), wat aan die gelyknamige rivier geleë is, is die derde grootste stad van Estland na die hoofstad Tallinn en Tartu met 'n bevolking van meer as 53 626. Sowat 95 persent van die inwoners is etniese Russe, en Narva dien as die kulturele sentrum van Estland se beduidende Russiessprekende minderheid. Twee groot vestings, die Estniese Hermanni linnus (wat oorspronklik deur die Dene opgerig is) en die Russiese Iwangorod, wat albei langs die Narvarivier ontstaan het, versinnebeeld Narva se historiese rol as 'n Estniese voorpos op die grens tussen hierdie Baltiese land en Rusland.

Kaart van Narva

Die Estnies-Russiese grens naby Narva vorm vandag ook die ekonomiese en kulturele grenslyn tussen die Weste, die Europese Unie en die NAVO enersyds en Rusland andersyds. Narva se oorspronklike stadsargitektuur in die barokstyl, wat uit die tydperk van die Sweedse heerskappy gedateer het, is vroeër as die beduidendste in die Oosseegebied beskou. Maar as gevolg van die hewige gevegte, wat hier in 1944 tydens die Tweede Wêreldoorlog gewoed het, is die meeste Barokgeboue verniel.

Narva lyk vandag soos talle moderne stede uit die Sosialistiese periode, met nywerhede en die kenmerkende woonstelblokke wat met voorafvervaardigde elemente opgerig is. Die stad beskik daarnaas oor die enigste oorblywende Lenin-monument in die Baltiese lande (alhoewel dit intussen uit die stadsentrum verwyder en na die slothof verskuif is).

Die uitgestrekte Peipusmeer (Esties: Peipsi järv) is suid van Narva geleë.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search