Neanderdaller

Neanderdaller
Tydperk: 0.6–0.03 m. jaar gelede
Middel- tot Laat Pleistoseen
’n Neanderdallerkopbeen.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. neanderthalensis
Binomiale naam
Homo neanderthalensis
William King, 1864
Die Neanderdaller kon voorgekom het so ver as die Altai- en die Oeralgebergte.
Sinonieme

Homo mousteriensis[1]
Homo sapiens neanderthalensis
Palaeoanthropus neanderthalensis[2]

Die Neanderdallers of Neanderdalmense is ’n uitgestorwe spesie van argaïese mense in die genus Homo, moontlik ’n subspesie van Homo sapiens, wat tot omtrent 40 000 jaar gelede in Eurasië voorgekom het.[3]

Hoewel daar konsensus is dat die redes vir hulle uitsterwing "hoogs betwisbaar" is, word demografiese faktore soos klein bevolkings, verbastering en lukrake skommelings as waarskynlike faktore beskou.[4][5] Ander redes wat aangevoer word, is opname in die moderne menslike samelewing,[6] groot klimaatsveranderings,[7] siektes[8][9] of 'n kombinasie van dié faktore.

Hulle word gewoonlik geklassifiseer as die spesie Homo neanderthalensis, maar sommige wetenskaplikes beskou hulle as Homo sapiens neanderthalensis, ’n subspesie van Homo sapiens. Dit is onduidelik wanneer die Neanderdallers van die menslike lyn afgeskei het; studies dui op verskillende intervalle wat wissel van 315 000 jaar[10] tot meer as 800 000 jaar gelede.[11] Die tyd toe hulle van hulle voorouer H. heidelbergensis afgeskei is, is ook onduidelik. Die oudste moontlike Neanderdallerbene dater van 430 000 jaar gelede, maar die klassifikasie is onseker.[12] Neanderdallers is bekend van talle fossiele, veral van ná 130 000 jaar gelede.[13] Die tipespesimen, "Neanderthal 1", is in 1856 in die Neanderdal in die hedendaagse Duitsland ontdek. Vir 'n groot deel van die 20ste eeu het navorsers die Neanderdallers uitgebeeld as primitief, onintelligent en dierlik. Hoewel kennis en die persepsie van hulle sedertdien aansienlik verander het in die wetenskaplike gemeenskap, is die beeld van die onontwikkelde grotman-argetipe steeds gewild in die volkskultuur.[14][15]

’n Neanderdallerskelet (Amerikaanse Museum van Natuurgeskiedenis).

Die Neanderdallers se tegnologie was taamlik gesofistikeerd. Dit sluit in die kultuur van steengereedskap[16] en die vermoë om vuur te maak,[17] asook die bou van vuurherde,[18][19] om boombasteer[20] en minstens eenvoudige klere soos komberse en poncho's te maak,[21] te weef[22] en op die Middellandse See te vaar.[23] Hulle het ook medisinale plante gebruik[24] en ernstige beserings behandel, kos gestoor en verskeie kookmetodes gebruik soos die braai, kook en rook van vleis.[25] Neanderdallers het 'n groot verskeidenheid kos geëet, veral ewehoewiges,[26] maar ook ander diere van die Pleistoseen,[14] plante, klein soogdiere, voëls en seediere.[27] Hoewel hulle moontlik roofdiere aan die bopunt van die voedselketting was, het hulle nog met grotbere, grotleeus, grothiënas en ander groot roofdiere meegeding.[28]

'n Aantal voorbeelde van simboliese gedagtes en kuns word onbeslis aan Neanderdallers toegeskryf[29], soos moontlike ornamente wat gemaak is van voëlkloue en vere[30][31] of skulpe,[32] asook versamelings ongewone voorwerpe soos kristalle en fossiele.[33] Hulle het blykbaar musiek met 'n soort fluit[34] en Spaanse grotkuns gemaak[35] wat uit voor 65 000 jaar gelede dateer.[36][37] Sommige bewerings van godsdiensoortuigings is al gemaak.[38] Neanderdallers kon moontlik praat, maar dit is nie bekend hoe ingewikkeld hulle spraak was nie.[39][40]

In vergelyking met die mens het Neanderdallers 'n robuuste liggaamsbou gehad met proporsioneel kort ledemate. Navorsers skryf dit dikwels toe aan aanpassing om hitte in 'n koue klimaat te bewaar, maar dit kon ook aanpassings gewees het om te hardloop in die warmer woudstreke waar hulle dikwels voorgekom het.[41] Hulle het egter wel aanpassings vir die koue gehad, soos gespesialiseerde vetstoring[42] en 'n vergrote neus om lug warm te maak.[43] Die mans was gemiddeld 165 cm lank en vroue 153 cm, nes moderne mense voor die industriële tydperk.[44] Die breinholtes van mans en vroue was onderskeidelik sowat 1 640 cm3 en 1 460 cm3, wat binne die omvang van moderne menslike breine is.

Die totale Neanderdalbevolking was klein. Tog is daar bewyse van streekkulture en dus gereelde kommunikasies tussen gemeenskappe.[45][46] Hulle kon in grotte gelewe het na gelang van die seisoen.[47] Die Neanderdalgenoomprojek van 2010 het bewyse gevind van verbastering tussen Neanderdallers en moderne mense.[48][49] Dit het moontlik tussen 316 000 en 219 000 jaar gelede voorgekom,[50] maar waarskynliker sowat 100 000 jaar gelede en weer 65 000 jaar gelede.[51] Dit lyk ook of Neanderdallers in Siberië met Denisova-hominiene, 'n ander groep argaïese mense, verbaster het.[52][53] Neanderdallergene kom ook in ander bevolkings voor en sowat 20% van dié gene het oorleef.[54] Dit het blykbaar die mens se immuunstelsel beïnvloed[55] en word ook genoem ten opsigte van verskeie ander biologiese funksies en strukture.[56]

  1. Dictionary of Anthropology - Charles Winick - Google Books. Books.google.ca (1956-12-18). Besoek op 24 Mei 2014.
  2. Bibliography of Fossil Vertebrates 1954-1958 - C.L. Camp, H.J. Allison, and R.H. Nichols - Google Books. Books.google.ca. Besoek op 24 Mei 2014.
  3. "Neanderthal: Facts About Our Extinct Human Relatives" (in Engels). LiveScience. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020.
  4. Vaesen, Krist; Dusseldorp, Gerrit L.; Brandt, Mark J. (2021). "An emerging consensus in palaeoanthropology: Demography was the main factor responsible for the disappearance of Neanderthals". Scientific Reports. 11 (1): 4925. Bibcode:2021NatSR..11.4925V. doi:10.1038/s41598-021-84410-7. PMC 7921565. PMID 33649483.
  5. Vaesen, Krist; Dusseldorp, Gerrit L.; Brandt, Mark J. (2021). "Author correction: 'An Emerging Consensus in Palaeoanthropology: Demography Was the Main Factor Responsible for the Disappearance of Neanderthals'". Scientific Reports. 11 (1): 8450. Bibcode:2021NatSR..11.8450V. doi:10.1038/s41598-021-88189-5. PMC 8044239. PMID 33850254. S2CID 233232999.
  6. Villa, P.; Roebroeks, W. (2014). "Neandertal demise: an archaeological analysis of the modern human superiority complex". PLOS ONE. 9 (4): e96424. Bibcode:2014PLoSO...996424V. doi:10.1371/journal.pone.0096424. PMC 4005592. PMID 24789039.
  7. Bradtmöller, M.; Pastoors, A.; Weninger, B.; Weninger, G. (2012). "The repeated replacement model – Rapid climate change and population dynamics in Late Pleistocene Europe". Quaternary International. 247: 38–49. Bibcode:2012QuInt.247...38B. doi:10.1016/j.quaint.2010.10.015.
  8. Underdown, S. (2008). "A potential role for transmissible spongiform encephalopathies in Neanderthal extinction". Medical Hypotheses. 71 (1): 4–7. doi:10.1016/j.mehy.2007.12.014. PMID 18280671.
  9. Sullivan, A. P.; de Manuel, M.; Marques-Bonet, T.; Perry, G. H. (2017). "An evolutionary medicine perspective on Neandertal extinction" (PDF). Journal of Human Evolution. 108: 62–71. doi:10.1016/j.jhevol.2017.03.004. PMID 28622932.
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named stringer
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named gomez2019
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named meyer2016
  13. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named klein1983
  14. 14,0 14,1 Papagianni & Morse 2013.
  15. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named drell2000
  16. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Shaw1999
  17. Sorensen, A. C.; Claud, E.; Soressi, M. (2018). "Neandertal fire-making technology inferred from microwear analysis". Scientific Reports. 8 (1): 10065. Bibcode:2018NatSR...810065S. doi:10.1038/s41598-018-28342-9. ISSN 2045-2322. PMC 6053370. PMID 30026576.
  18. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named hayden2012
  19. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named kedar2019
  20. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named schmidt
  21. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named hoffecker2009
  22. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hardy2020
  23. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ferentinos2012
  24. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named buckley
  25. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named hardy2012
  26. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named dusseldorp2013
  27. Brown 2011.
  28. Shipman 2015, pp. 120–143.
  29. Tattersall 2015.
  30. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Errico2017
  31. Finlayson 2019.
  32. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hoffman
  33. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Moncel2012
  34. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Turk2018
  35. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Aubert2018
  36. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named pike2017
  37. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named hoffmann2018
  38. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named wunn2000
  39. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named dediu2018
  40. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named danastasio2013
  41. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named stewart2019
  42. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kislev2018
  43. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Azevedo2017
  44. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Helmuth1998
  45. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ruebens2013
  46. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Fabre2009
  47. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Demay2012
  48. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named green
  49. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named sankararaman2014
  50. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Peyrégne
  51. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kuhlwilm
  52. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Prufer2014
  53. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Pennisi
  54. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named vernot2014
  55. Zeberg, Hugo; Pääbo, Svante (2 Maart 2021). "A genomic region associated with protection against severe COVID-19 is inherited from Neandertals". Proceedings of the National Academy of Sciences. 118 (9): e2026309118. doi:10.1073/pnas.2026309118. ISSN 0027-8424. PMC 7936282. PMID 33593941. S2CID 231943450.
  56. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Dolgova2018

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search