Nederland | ||||
Unie | Rugby Nederland (RN) | |||
Bynaam(e) | Oranje | |||
Stadion | Nasionale Rugbysentrum, Amsterdam | |||
Afrigter(s) | Lyn Jones (sedert 2022) | |||
Kaptein(s) | Dirk Danen | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | Tim Schumacher (14)[1] | |||
Meeste punte | Hans Kuijer (41)[2] | |||
Meeste drieë | Gijs van der Pol (8)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Nederland 0–6 België (Amsterdam, Nederland; 1 Julie 1930) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Nederland 62–0 Denemarke (Hilversum, Nederland; 6 Oktober 1973) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Engeland 110–0 Nederland (Huddersfield, Engeland; 14 November 1998) | ||||
Unie webwerf | ||||
www.rugby.nl |
Die Nederlandse nasionale rugbyspan (Nederlands: Nederlands rugbyteam) is die nasionale rugbyspan wat Nederland in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Nederland geadministreer deur Rugby Nederland (RN) wat in 1932 gestig is. Hulle dra die bynaam Oranje. Nederland word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Nederlandse rugbyspan is tans (April 2024) 27ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]
Nederland het op 1 Julie 1930 in sy eerste toetswedstryd teen België gespeel en met 0–6 verloor. In die daaropvolgende jare het albei spanne gereeld ontmoet. Van die ander opponente in die begintydperk was Duitsland en Roemenië. Sedert die 2000’s het die rugbysport in Nederland verder ontwikkel en die keurspan lok intussen gereeld skare van sowat 1 000 tydens tuiswedstryde. Hulle ding in die Europese Rugbykampioenskap met ander opkomende rugbyspanne mee.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search