Nefertiti

Die borsstuk van Nefertiti (Neues Museum, Berlyn).

Neferneferoeaten Nefertiti (omstreeks 1370-1330 v.C.) was die hoofvrou van Achenaten, ’n Egiptiese farao. Sy en haar man is bekend vir hul godsdiensrevolusie waarin hulle net een god, Aten, of die sonskyf, aanbid het.

X1
N35
N5
M17F35F35F35F35
 
F35M18X1
Z4
B1
Neferneferoeaten Nefertiti
(Nfr nfrw itn Nfr.t jy.tj)
in hiërogliewe

Achenaten het regeer tydens wat moontlik die rykste tydperk van Antieke Egipte was.[1] Sommige geleerders glo Nefertiti het vir ’n rukkie as Neferneferoeaten regeer ná haar man se dood en voordat Toetankamen die troon bestyg het, hoewel dié feit betwis word.[2]

Sy het baie titels gehad soos Erfprinses (iryt-p`t); Dame van Grasie (nbt-im3t), Meesteres van die Twee Lande (nbt-t3wy), Groot Koninklike Vrou, Sy Geliefde (hmt-niswt-‘3t meryt.f), Meesteres van Bo- en Benede-Egipte (hnwt-Shm’w-mhw), ens.[3]

Nefertiti het beroemd geword danksy haar borsstuk (foto regs), wat nou in die Neues Museum in Berlyn is. Dit is een van die mees gekopieerde werke van Antieke Egipte en is waarskynlik gemaak deur die beeldhouer Toetmoses; dit is in sy werkwinkel ontdek. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van die begrip wat Antieke Egiptenare gehad het van die realistiese proporsies van ’n gesig.

  1. RE Freed, S D'Auria, YJ Markowitz, (1999) "Pharaohs of the Sun: Akhenaten, Nefertiti, Tutankhamen" (Museum van die Skone Kunste, Leiden)
  2. Dodson, Aidan, Amarna Sunset: Nefertiti, Tutankhamun, Ay, Horemheb, and the Egyptian Counter-Reformation. The American University in Cairo Press. 2009, ISBN 978-977-416-304-3
  3. Grajetzki, Ancient Egyptian Queens: A Hieroglyphic Dictionary, Golden House Publications, London, 2005, ISBN 978-0-9547218-9-3

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search