Nelspruit

Mbombela

Mbombela

Nelspruit
Stad
'n Uitsig oor Mbombela se middestad
'n Uitsig oor Mbombela se middestad
Byname: 
eNaspoti, Citrus City, Gateway to the Lowveld
Leuse(s): 
City of Excellence
Mbombela is in Mpumalanga
Mbombela
Mbombela
 Mbombela se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°27′57″S 30°59′07″O / 25.46583°S 30.98528°O / -25.46583; 30.98528
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikEhlanzeni
MunisipaliteitMbombela
Stigting1905
Oppervlak
 • Totaal72,63 km2 (28,04 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal58 672
 • Digtheid808/km2 (2 090/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense49,3%
 • Indiërs/Asiërs4,9%
 • Bruin mense4,1%
 • Swart mense41,1%
 • Ander0,6%
Taal (2011)
 • Afrikaans 40,7%
 • Engels 22,4%
 • Swazi 20,2%
 • Tsonga 4,7%
 • Ander 12,1%
Poskode (strate)
1200
Poskode (posbusse)
1200
Skakelkode013
Webwerfmbombela.gov.za

Mbombela (voormalig Nelspruit) is die hoofstad en die grootste stad van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die stad is die sentrum van 'n landbougebied wat onder meer op subtropiese en sitrusvrugte steun. Nelspruit-sentraal het sowat 630 inwoners,[2] terwyl die voorstede en die Swart woonbuurte Kanyamazane, Msogwaba, Mpakeni en Matsulu 'n gesamentlike inwonertal van meer as 200 000 het. Nelspruit is aan die Krokodilrivier, sowat 110 km wes van Mosambiek, 330 km oos van Johannesburg en 82 km noord van eSwatini geleë.

'n Uitsig oor Nelspruit
'n Uitsig oor Mbombela
Die N4 loop deur Mbombela
Die Mbombela-stadion tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

Mbombela is 'n pragtige stad, omring deur heuwels, en sy strate word deur flambojantbome gesoom. Benewens die hitte staan Nelspruit bekend vir sy dodekaeder, 'n twaalfkantige watertoring op 'n hoë koppie in die Steiltes-woonbuurt. Die "bal" van die toring was tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 soos 'n sokkerbal gedrapeer. Die botaniese tuin van Nelspruit beskik oor 'n groot versameling plante, wat die grootste deel van die Laeveld se flora verteenwoordig.

Die dorp is gestig in 1905, en is genoem na drie broers Nel wat vroeë inwoners van die dorp was. Nelspruit het vir lank in die skadu van Barberton gestaan, maar is vandag 'n lewendige, vooruitstrewende stad, heelwat groter as Barberton.

Die Sudwalagrotte is ongeveer 35 km noordwes van Nelspruit in die Mankelekele-heuwels geleë.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Mbombela". Sensus 2011.
  2. Subplek "Mbombela Central". Sensus 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search