Nemunas

Nemunas - Memel - Нёман - Неман - Niemen
Die Nemunas naby die gehuggie Graužėnai.
Die Nemunas naby die gehuggie Graužėnai.
Die Nemunas naby die gehuggie Graužėnai.

Die Nemunas se rivierloop.

Oorsprong Belarussiese Bergrug
Monding Koerse Haf wes van Šilutė
Stroomgebied Belarus
Litaue
Rusland
Lengte 937,4 km (582 myl)
Oorspronghoogte 176 m (577 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 616 m³/s (21 757 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 98 200 km² (37 838 myl²)
Kaart van die Nemunas-bekken in Europa.
Kaart van die Nemunas-bekken in Europa.

Die Nemunas (Duits: Memel; Belarus: Нёман, Njoman; Russies: Неман, Neman; Pools: Niemen) is 'n Noordoos-Europese rivier met 'n lengte van 937 kilometer wat in Belarus ontspring, deur Litaue vloei en hier in die strandmeer Koerse Haf en die Oossee uitmond. Sy benedeloop met die Rusnė-rivier (die noordelike takrivier in die Nemunas-delta) vorm die grens tussen Litaue en die Russiese eksklawe Kaliningrad-oblast.

Die historiese gewes Memelland, wat noord van die Memel- of Nemunasrivier tot by die stad Klaipėda (Duits: Memel) strek, het sedert 1871 deel uitgemaak van die Duitse Ryk, maar is in 1920 onder die administrasie van die Volkebond geplaas en in 1923 deur Litaue beset en geannekseer.

In die antieke tydperk het die rivier deel uitgemaak van die handelspad Barnsteenroete wat vanuit die Oossee tot die Middellandse See geloop het. Later het die rivier ook 'n belangrike rol vir die vervoer va hout uit Rusland en Litaue gespeel. Vir Duitsland was die Nemunas vroeër die oostelike grens, net soos die Ryn die westelike grenslyn gevorm het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search