Nepalese nasionale krieketspan

Nepal
Kenteken van die Nepalese nasionale krieketspan
BynaamThe Rhinos, Gorkhalis, The Cardiac Kids
KonferensieKrieketvereniging van Nepal (CAN)
Personeel
KapteinRohit Paudel
AfrigterVlag van Indië Monty Desai
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1996)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI17de14de (3 Mei 2019)
T20I18de11de (3 Mei 2019)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Nederland Nederland op VRA-krieketveld, Amstelveen; 1 Augustus 2008
Laaste EDIt Vlag van Nederland Nederland op Tribhuvan Universiteit Internasionale Krieketveld, Kirtipur; 25 Februarie 2024
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]6634/30 (51,51%)
(1 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[3]74/3
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings0/13
Wêreldbeker-
kwalifiserings
5 (eerste in 2001)
Beste uitslagAgtste plek (in 2018 en 2023)
Kampioenetrofee-verskynings0/9
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Hongkong Hongkong op Zohur Ahmed Chowdhury-stadion, Chittagong; 16 Maart 2014
Laaste T20It Vlag van Bangladesj Bangladesj op Arnos Vale-stadion, Kingstown; 16 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]8849/36 (55,68%)
(1 gelykop, 2 onbeslis)
Vanjaar[5]187/10
(0 gelykop, 1 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings2/9 (eerste in 2014)
Beste uitslagEerste rondte (in 2014 en 2024)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
5 (eerste in 2012)
Beste uitslagNaaswenner (in 2023)
EDI- en T20I-klere

Die Nepalese nasionale krieketspan (Nepalees: नेपाल राष्ट्रिय क्रिकेट टिम), ook bekend as The Rhinos,[6] Gorkhalis of The Cardiac Kids,[7][8] is die nasionale krieketspan wat Nepal in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Nepal deur die Krieketvereniging van Nepal (CAN) beheer. Nepal speel hul tuiswedstryde in Katmandoe en het tydens die T20I-wêreldbeker 2014 in Bangladesj hul eerste internasionale verskyning gemaak. Nepal word tradisioneel as een van die sterker Asiatiese nasionale krieketspanne buite die vyf toetslande van Suid-Asië beskou.

Nepal is sedert 1996 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad, nadat hulle van 1988 af ’n geaffilieerde lid was.[9] Aan Nepal is in Junie 2014 deur die IKR tot en met die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2015 T20I-status toegeken.[10][11] Op 15 Maart 2018 het Nepal vir die eerste keer internasionale eendagwedstryd-status (EDI) behaal (asook hul T20I-status terugontvang), nadat hulle die eerste uitspeelwedstryd tydens die Krieketkampioenskapskwalifisering 2018 gewen het.[12][13][14]

Nepal het al sedert 1996 in internasionale wedstryde verskyn, insluitende al die AKR-trofeë behalwe vir die AKR T20I-beker 2015 in die Verenigde Arabiese Emirate. Nepal het ook aan die krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooie in 2001, 2014 en 2018, T20I-wêreldbekerkwalifikasie in 2012, 2013, 2015, 2022 en 2023, Internasionale Bekertoernooie in 2004 en 2005, AKR Fast Track Countries-toernooie in 2004, 2005 en 2006, AKR T20I-bekertoernooie in 2007, 2009, 2011 en 2013, Asiatiese Spele in 2010 en 2014, asook die AKR Premierliga in 2014 deelgeneem. Nepal kon egter nog nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi, die IKR se vernaamste toernooi, kwalifiseer nie.

In teenstelling met ander kleiner krieketlande, wie se spanne veral uit buitelanders bestaan, bevat die Nepalese nasionale span inheemse spelers wat meestal deur die geledere gekom het om seniorkrieket te speel.[15] In onlangse jare het Nepalese krieket ’n sterk vordering gesien, veral danksy die groot invloed van die krieketland Indië. Nepal se nabyheid aan Indië het gehelp om die speel in Nepal te laat ontwikkel. Op 15 Maart 2018 het Nepal vir die eerste keer EDI-status ontvang, nadat hulle tydens die 2018-krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooi se negende plek-uitspeelwedstryd Papoea-Nieu-Guinee geklop het.[14]

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Nepal ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[16] Nepal is tans (Junie 2024) 17de op die eendagranglys en 18de op die Twintig20-wêreldranglys.[17][18]

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "Nepal's Official Jersey". T10 Sports. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2018. Besoek op 24 Junie 2018.
  7. (en) Paul Radley (16 Maart 2023). "Nepal seal direct entry to Cricket World Cup Qualifier after dramatic win over UAE". The National. Besoek op 19 Junie 2024.
  8. (en) Peter Della Penna (15 Februarie 2018). "The Cardiac Kids from Nepal". ESPNcricinfo. Besoek op 19 Junie 2024.
  9. (en) "Nepal's Profile at Cricket Archive". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2019. Besoek op 2 Mei 2005.
  10. (en) "Results of ICC Board meeting in Melbourne". Internasionale Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2016. Besoek op 28 Junie 2014.
  11. (en) "Nepal, Netherlands get T20 international status". ESPNcricinfo. 28 Junie 2014. Besoek op 19 Junie 2024.
  12. (en) "Nepal thrash PNG to secure ODI status". Internasionale Krieketraad. 15 Maart 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 26 Februarie 2020.
  13. (en) "Historic moment for Nepal cricket: Rhinos get ODI status for first time in history". Online Khabar. 15 Maart 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2019. Besoek op 26 Februarie 2020.
  14. 14,0 14,1 (en) "Nepal claim ODI status for the first time". ESPNcricinfo. 15 Maart 2018. Besoek op 19 Junie 2024.
  15. (en) Bishen Jeswant (16 Julie 2014). "Nepal looks to make case as neutral venue". ESPNcricinfo. Besoek op 19 Junie 2024.
  16. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2023. Besoek op 3 Oktober 2023.
  17. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 19 Junie 2024.
  18. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 19 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search