Neptunus se ringe

Neptunus se ringstelsel. Soliede lyne dui die ringe aan en spikkellyne die bane van Neptunus se mane.

Neptunus se ringstelsel bestaan uit hoofsaaklik vyf planetêre ringe wat in 1984 deur André Brahic voorspel en in 1989 deur die Voyager 2-ruimtetuig gefotografeer is.[1]

Neptunus se ringe is genoem na sterrekundiges wat belangrike werk gedoen het oor die planeet, van die planeet se kant af:[1] Galle (Johann Gottfried Galle), Le Verrier (Urbain Le Verrier), Lassell (William Lassell), Arago (François Arago) en Adams (John Couch Adams).[2] Daar is ook ’n dowwe ring sonder naam wat ooreenstem met die wentelbaan van die maan Galatea.

Die ringe van Neptunus bestaan uit besonder donker materiaal, waarskynlik organiese samestellings soos dié in Uranus se ringe, en uit baie stof (tussen 20% en 70%).

  1. 1,0 1,1 Miner, Ellis D., Wessen, Randii R., Cuzzi, Jeffrey N. (2007). "The discovery of the Neptune ring system". Planetary Ring Systems. Springer Praxis Books. ISBN 978-0-387-34177-4.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. Miner, Ellis D., Wessen, Randii R., Cuzzi, Jeffrey N. (2007). "Present knowledge of the Neptune ring system". Planetary Ring System. Springer Praxis Books. ISBN 978-0-387-34177-4.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search