Net | ||||
Latynse naam | Reticulum | |||
Genitief | Reticuli | |||
Afkorting | Ret | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 4h | |||
Deklinasie | -60º | |||
Grootte | 114 vk. grade (82ste) | |||
Kwadrant | SQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 4 | |||
Helderste ster | Alpha Reticuli (α Ret) | |||
Naaste ster | Zeta2 Reticuli (ζ2 Ret) | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 6 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 11 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Horlosie , Swaardvis , Suidelike Waterslang | ||||
|
Die Net ot Netjie (Latyn: Reticulum) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Die Latynse naam verwys na die kruisdraad voor die oogstuk van ’n teleskoop wat gebruik word om sterposisies te meet.[1] Die sterrebeeld bevat geen helder sterre nie. Net twee sterre is helderder as 5 mag: Alpha en Beta Reticuli.
Die sterrebeeld is in 1621 geskep deur Isaac Habrecht II, wat dit "Rhombus" genoem het.[2] Die Franse sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille het dit in die 18de eeu tydens ’n besoek aan Kaapstad hernoem na "Réticule Rhomboide" om die kruisdraad van sy teleskoop te gedenk.[1] Dit is later na die Latynse "Reticulum" verander in sy sterkatalogus Coelum Australe Stelliferum. Die sterrebeeld is in 1922 vir die eerste keer erken.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search