Neuron

Struktuur van ’n tipiese neuron
'n Senuweesel, 40 000 keer vergroot.

'n Neuron (of senuweesel) is 'n sel wat spesifiek geassosieer word met die senuweestelsel van verskeie diere. Elke neuron het 'n akson en dendriete. Dendriete ontvang elektrochemiese seine vanaf ander neurone terwyl die aksone die seine aanstuur na die volgende neuron.

'n Mens het na beraming ongeveer 100 miljard senuweeselle. Verreweg die meeste daarvan kom in die sentrale senustelsel (harsings en rugmurg) voor. Senuweeselle is die inligtings- en sein-verwerkers van die liggaam. 'n Spesifiek kenmerk van senuweeselle is dat hulle prikkelbaar is; hulle kan seine ontvang en deurstuur sonder 'n verlies aan seinsterkte. In die harsings is stroombane van senuweeselle wat 'n groot aantal liggaamsfunksies relegeer en ook vir ons denkvermoë verantwoordelik is.

Die vermoë om elektriese seine te genereer was 'n sleutelinnovasie in die evolusie van die senuweestelsel.[1]

Neurone word tipies in drie tipes geklassifiseer op grond van hul funksie. Sensoriese neurone reageer op 'n stimulus soos aanraking, klank of lig wat die selle van die sensoriese organe affekteer, en hulle stuur seine na die rugmurg of brein. Motorneurone ontvang seine van die brein en rugmurg om alles van spiersametrekkings tot klieruitset te beheer.[2] Interneurone verbind neurone met ander neurone binne dieselfde streek van die brein of rugmurg. Wanneer verskeie neurone funksioneel aan mekaar verbind word, vorm hulle wat 'n neurale stroombaan.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named cell
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Zayia

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search