Neutralisasie

Neutralisasie in chemie beteken om oneffektief of onreaktief te maak. Neutrale stowwe het 'n pH van 7. As al die suur in 'n oplossing reageer met al die basis om 'n sout plus water te vorm, sal daardie oplossing neutraal wees met 'n pH van 7. 'n Mens kan 'n indikator gebruik om te sê wanneer 'n oplossing neutraal is en 'n pH van 7 bereik het. Dit is egter nie prakties om gedurig 'n stukkie indikatorpapier in 'n oplossing te doop om die pH te kontroleer nie. Pleks daarvan word 'n indikatoroplossing gebruik. 'n Indikatoroplossing is 'n kleurstof wat van kleur verander sodra die pH verander. Neutralisasie is die kombinasie van waterstofione (H+) uit die suur met hidroksiedione (OH-) uit die basis, om water (H2O) te vorm. In die proses word 'n sout van die orige ione in die basis en suur gevorm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search