Stad New York | |
---|---|
Seël | Vlag |
![]() |
![]() |
Basiese gegewens | |
Stigting: | 1614 |
Land: | ![]() |
Deelstaat: | ![]() |
Distrikte: | The Bronx New York (Manhattan) Queens Kings (Brooklyn) Richmond (Staten-eiland) |
Koördinate: | 40°42′N 74°00′W / 40.700°N 74.000°W |
Tydsone: | UTC -5 (OST) |
Somertyd: | UTC -4 (ODT) |
![]() Ligging in die deelstaat New York |
![]() Die 5 boroughs van New York: ● (1) Manhattan, ● (2) Brooklyn, ● (3) Queens, ● (4) The Bronx, ● (5) Staten-eiland |
Bevolking: – Metropolitaanse gebied: |
8 175 133 (2010-sensus)[1] 18,7 miljoen[2] |
Bevolkingsdigtheid: – Metropolitaanse gebied: |
10 630 inwoners / km² 824 inwoners / km² |
Hoogte bo seevlak: | 6 m |
Oppervlakte: | 1 213 km² waarvan 784 km² land |
Administrasie: | 5 stadswyke |
Poskodes (zip codes): | 10001-10292 |
Skakelkode: | 212 |
Amptelike webwerf: | www.nyc.gov |
Politiek | |
Burgemeester: | Eric Adams (Demokratiese Party) |
Satellietbeeld | |
![]() |
New York (Engels: [nuːˈjɔɹk ˈsɪɾi], ) of Nieu-York, amptelik Stad New York (City of New York) en dikwels New York Stad (New York City, [nuːˈjɔɹk]) genoem, geleë in die deelstaat New York, is die stad met die grootste bevolking in die Verenigde State. Dit is ook die digsbevolkte van die groter stede in Noord-Amerika.
Die stad is 'n sentrum vir internasionale handel, politiek, vermaaklikheid, en kultuur, en is een van die wêreld se groot globale stede (saam met Londen, Tokio en Parys). Die stad beskik oor 'n versameling van museums, kunsgalerye, teaters, mediaondernemings, internasionale organisasies en korporasies, en effektebeurse. Die stad is ook die tuiste van die Verenigde Nasies, tesame met al die internasionale takke wat daarmee geassosieer word.
New York het 'n bevolking van 8,55 miljoen in 'n area van ongeveer 800 km². Dit is geleë in die hart van die New Yorkse Metropolitaanse Gebied, wat met 'n bevolking van ongeveer 22 miljoen een van die grootste stedelike konglomerasies ter wêreld vorm. Die stad beskik oor vyf boroughs: The Bronx, Brooklyn, Manhattan, Queens en Staten-eiland. Elkeen van hierdie boroughs, behalwe vir Staten-eiland, bevat oor 'n miljoen inwoners en sou elkeen as een van die VSA se grootste stede gesien word, indien elkeen afsonderlik in ag geneem word.
New York lok groot getalle immigrante van oor die 180 lande, sowel as groot getalle migrante van dwarsoor die VSA, wat na die stad kom vir die stad se kultuur, energie, kosmopolitiese karakter, en met die hoop om 'n sukses te wees in die "Big Apple." Die stad word ook beskou as een van die veiligste groot stede in die VSA, ten spyte van sy grootte en bevolkingsdigtheid.
New York dien ook as 'n reuse aandrywer van die wêreld se ekonomie – met 'n geskatte bruto metropolitaanse produk van ongeveer $500 miljard binne die stad se grense. New York is ook die tuiste van meer Fortune 500-maatskappye as enige ander plek in die VSA. As die stad 'n land op sy eie was, sou dit die 17de grootste bruto binnelandse produk in die wêreld gehad het, groter as dié van Switserland ($377 miljard) en amper gelyk aan dié van Rusland ($586 miljard).
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search