Nimf

’n Negentiende-eeuse uitbeelding van Hylas en die nimfe, deur John William Waterhouse.

’n Nimf is in die Griekse mitologie ’n vroulike gees wat gewoonlik met ’n sekere plek of voorwerp verbind word, soos riviere, bome, fonteine en berge. Ander nimfe, altyd in die vorm van jong, hubare meisies, was deel van die gevolg van ’n god of godin soos Dionusos, Hermes, Pan of Artemis. Nimfe was dikwels die teiken van saters.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search